Table Etiquette
August 24, 2018
The use of Knives and Forks
September 4, 2018
Show all

Tafeletiket

Nêrens in die wêreld is jou tafeletiket en maniere meer opsigtelik as aan die etenstafel nie.

 

Tafeletiket

Goeie tafelmaniere is ’n onmisbare eienskap vir jou as persoon en kan maklik aangeleer word. En as jy dit eenmaal geleer het, kan jy die feeste van die lewe met selfvertroue vier en weet hoe om korrekte tafeletiket by enige geleentheid, van ’n buffet tot ’n banket, toe te pas.

Daar is soveel geleenthede waar ’n mens jou goeie maniere kan vertoon: ’n familiebyeenkoms, bruilof, doop, begrafnis, afspraak, piekniek, teeparty, skemer-partytjie, sake-ete en daardie belangrike banket met die hordes messe en vurke.

Waar begin ons? Kom leer saam met my – dit is maklik – en vier die lewe asof dit ’n feesmaal is!

Ons moet weer maaltye by die huis ’n spesiale geleentheid maak: Dek die tafel mooi, skakel selfone af, gesels met mekaar, pas goeie tafelmaniere toe en vier die teenwoordigheid van vriende en familie.

Daar is niks so genotvol en gepas as ’n maaltyd om die etenstafel nie!

Catherine de Medici (1519–1589) word onder meer vereer vir haar in-stelling van die Westerse tafeletiket, wa  vandag steeds in gebruik is as die standaard regoor die wêreld. Sy was afkomstig van een van die rykste families in Florence, Italië.

Catherine was 14 jaar oud toe haar oom, pous Clement VII, haar Frankryk toe geneem het om met Hendrik II, seun van die Franse koning, te trou. Nadat sy die koningin van Frankryk geword het, het sy al haar Italiaanse kokke saam met al die bekende verskeidenheid van Italiaanse lekkernye na Frankryk laat kom.

Sy het die Franse geleer hoe om Italiaanse souse en vleissouse te gebruik.

Maar die belangrikste van alles is dat sy die hedendaagse Westerse tafel-maniere bekendgestel het en die uitleg van die tafel, plasing van glase, messe en vurke en die korrekte gebruik daarvan, asook servette en die onmisbare wit linnetafeldoek ’n instelling gemaak het.

Plasing van gaste om ‘n tafel

VERSKILLENDE TIPE FUNKSIES

’n Minder formele onthaal

Wanneer die aantal gaste ses, tien, veertien, ens., is, word die meer moderne manier gevolg, naamlik om weg te doen met die plekke by die bo- en onderent van die tafel; die gasheer neem in die middel van die sykant plaas, met die gasvrou regoor hom.

In die skets hierbo is die gasheer F en die gasvrou B. Mans en vroue word om die beurt geplaas, dit wil sê twee mans of twee vroue sit nie langs mekaar nie. Die bediening begin by die dame (G) aan die gasheer se regterkant en die kos word kloksgewys en van die linkerkant af voorgesit of aangegee.

WENK  Moet by voorkeur nie ’n man en sy vrou langs mekaar plaas by ’n aansitete by jou huis of in ’n restaurant nie. As dit ’n groot tafel is, kan die gasheer en gasvrou regoor mekaar in die middel sit. By ’n meer formele ete, byvoorbeeld ’n bruilofsonthaal, sit die paartjie langs mekaar.

 

’n Formele onthaal

Ronde tafel

Gasheer en gasvrou sit min of meer regoor mekaar.

Manlike eregas sit regs van die gasvrou.

Vroulike eregas sit regs van die gasheer.

Die res van die gaste word afwisselend manlik en vroulik geplaas, maar ’n getroude paar sit nie langs mekaar nie. Indien moontlik, moet twee mans of twee vroue nie langs mekaar sit nie.

Reghoekige tafel (vir hoogstens agt persone)

Gasheer en gasvrou sit by die bo- en onderent.

Manlike eregas sit regs van die gasvrou.

Vroulike eregas sit regs van die gasheer.

 

Baie lang tafel

Hier kan die gasheer en gasvrou min of meer regoor mekaar in die middel sit, met die vroulike erega

s regs van die gasheer en die manlike eregas regs van die gasvrou.

WENK  ’n Goeie gasvrou en gasheer laat nooit hul gaste te lank wag voordat hulle gaan aansit nie.

 

Formeelste tafeluitleg

Die diagram hieronder toon dat die slaai volgens die Franse tradisie op die vleisgereg volg. Die plasing is egter opsioneel en die slaai mag tussen enige van die ander geregte voorgesit word.

Gebruik die tafeluitleg as jou uitgangspunt en pas dit aan waar nodig: Hoe minder formeel die onthaal is, hoe minder soorte eetgerei sal nodig wees.

  1. Naamkaartjie
  2. Servet
  3. Sopbord
  4. Visbord
  5. Vleisbord
  6. Onderbord
  7. Slaaivurk
  8. Vleisvurk
  9. Visvurk
  10. Broodbord
  11. Brood-/bottermes
  12. Botterpot
  13. Peperpot (twee gaatjies)
  14. Soutpot (vier gaatjies)
  15. Nagereglepel (ovaal)
  16. Nageregvurk
  17. Rooiwynglas
  18. Witwynglas
  19. Vonkelwynglas
  20. Waterglas
  21. Portglas
  22. Soetwyn-/sjerrieglas
  23. Voorgereglepeltjie
  24. Voorgeregvurkie
  25. Soplepel (rond)
  26. Vismes
  27. Vleismes
  28. Slaaimes

Glase vir die volgende word gebruik: water, witwyn, rooiwyn, vonkelwyn, port en likeur. Die glase waarin die wyn geskink is, sal gedurende die maaltyd verwyder en met nuwes vervang word.

Till next time

Anne Dreyer

Please visit my blog page for more interesting articles

Let’s connect on LinkedIn

With her warm personality and tangible style, she infects her audiences as she trains and inspires them from her personal life experience as a successful business woman, and entrepreneur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *