Table Etiquette
September 24, 2018
Show all

Tafel etiket

Tafel etiket is ‘n baie belangrike gedeelte van ons allerdaagse lewens.  Hier is ‘n paar punte om op te let na.

Breekware en bediening

Daar is vandag ’n verskeidenheid borde en bakke beskikbaar om by verskillende soorte geregte te pas. As jy net in een groot stel wil belê, is wit porselein jou beste keuse. Dit kan dan maklik met alle ander wit breekware gemeng word. Maak seker dat dit in ’n skottelgoedwasser gewas kan word en mikrogolfbestand is.

 

Bediening

  • ’n Gereg word altyd van die linkerkant af voorgesit
  • en van die regterkant af verwyder.
  • Wynn word van die reterkant af bedien/geskink

 

Verwydering van borde

Wanneer daar minder as agt gaste aan tafel is, mag die borde slegs verwyder word wanneer al die gaste klaar geëet het.

  • Glase word van die regterkant af gevul en weggeneem.
  • Dit is belangrik om te onthou dat jou en jou gaste se borde nooit oorlaai moet word nie.
  • Waneer jy bedien word, mag jy jou bord net een maal draai nadat dit voor jou neergesit is. Laat dit dan net so staan totdat jy klaar geëet het en dit ver-wyder word.

Plaas jou mes en vurk in die rusposisie (omgekeerde “V”-vorm) op die bord terwyl jy eet – dit mag nie aan die tafel raak nie.

Terwyl jy eet posisie

Wanneer jy klaar geëet het, word die mes en vurk netjies langs mekaar op die bord geplaas (sien illustrasie hieronder). Dit is vir die kelner ’n teken dat hy jou bord mag verwyder. As daar kos op die bord oorbly, stoot jy dit net netjies eenkant toe om vir die mes en vurk plek te maak. Moet nooit jou bord wegstoot nie. Laat dit net daar totdat dit verwyder word.

Die’ klaar ‘ posisie

 

Onthou ons eet en geniet n maaltyd saam, sodat almal dit saam kan geniet!

So vier die lewe tot volgende keer

Anne Dreyer

Please visit my blog page for more interesting articles

Let’s connect on LinkedIn

 

 

With her warm personality and tangible style, she infects her audiences as she trains and inspires them from her personal life experience as a successful business woman, and entrepreneur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *