Proper use of spoons
September 19, 2018
Table Etiquette
September 24, 2018
Show all

Lepels en tafel etiket

Die gebruik van lepels en tafel etiket gaan hand in hand.  Die lepels wat jy gedurende ’n tradisionele formele maaltyd gebruik, sal dikwels met ’n spesifieke gang of bediening na jou gebring word. Wanneer jy met die gereg klaar is, word die lepel op die bord of binne die bakkie geplaas met die lepelholte na bo. Die steel moet na jou toe wys.

 

Die soplepel

Dit is ’n ronde lepel met ’n taamlike diep holte sodat jy die sop saggies van die linkerkant af kan drink.

Hou die lepel horisontaal in jou regterhand en skep die sop weg van jou af (na agter). Lig dit tot by jou mond en bring die lepel dan effens skuins vorentoe tot by jou lippe, amper asof jy die sop in jou mond wil skink. Moet nooit sop uit die lepel slurp nie.

Moenie op die sop blaas as dit te warm is nie. Wag totdat dit afkoel en begin dan van die buiterand af skep – dit koel eerste daar af. Kantel die bakkie na agter as jy die laaste bietjie sop wil skep.

 

Die dessert- of nagereglepel

Die dessertlepel is kleiner en vlakker as ’n standaardsoplepel en is ovaalvormig.

Nagereg moet altyd in klein porsies geëet word. Dit moet slegs die voorste helfte van die dessertlepel vul en jou mond bereik met jou hand direk voor jou gesig. Die steel wys weg van jou af.

Die dessertlepel (en dessertvurk indien nodig) word meestal aan die bokant van jou bord gedek, hoewel dit in sommige gevalle saam met die nagereg tafel toe gebring word.

Alles moet so eenvoudig moontlik gemaak word maar nie eenvoudiger nie

Albert Einstein

 

Wenke

Enigiets wat in ’n bakkie voorgesit word, soos sop of nagereg, behoort op ’n bord te wees. As die bord groot genoeg is, mag die lepel op die bord gelaat word nadat jy klaar geëet het; anders word die lepel in die bakkie geplaas.

Wanneer jy net een stuk eetgerei, hetsy ’n lepel of ’n vurk, gebruik, moet jy dit te alle tye in jou regterhand hou, met die lepelholte of vurktande na bo.

As jy oor iets onseker is, volg die voorbeeld van die gasheer of die ander gaste om die tafel.

 

Anne Dreyer

Please visit my blog page for more interesting articles

Let’s connect on LinkedIn

With her warm personality and tangible style, she infects her audiences as she trains and inspires them from her personal life experience as a successful business woman, and entrepreneur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *