Korrekte plasing van eetgerei tydens ete

Correct placement of cutlery while dining
September 10, 2018
Proper use of spoons
September 19, 2018
Show all

Korrekte plasing van eetgerei tydens ete

Die korrekte plasing van etgerei tydens ete om die mes en vurk te laat “rus” terwyl jy nog eet, is om dit in ’n omgekeerde “V”-vorm op jou bord te plaas. Dit mag nie van jou bord “afhang” of aan die tafeldoek raak nie – dit lyk slordig (sien illustrasies hier-onder). Laat gerus jou hande op jou skoot lê terwyl jy kou, en voordat jy weer kos op jou vurk laai.

Broodrolletjies en botter

’n Broodrolletjie word nooit met ’n mes gesny nie. Die gebruik om “brood te breek” het eeue gelede ontstaan toe dit tradisie was om die oorskiet- of gemeenskaplike brood aan die armes te gee. ’n Broodrolletjie word dus in happie-grootte- stukkies gebreek.

Een stukkie op ’n slag word gesmeer en in jou mond gesit en geëet. Die res bly ongesmeer op jou bord tot jy reg is vir die volgende happie.

’n Botterbroodjie (skon) of muffin is nie brood nie en mag gesny word.

 

Gesnyde brood of roosterbrood

Gebruik die bottermessie wat voorsien is of, as daar nie een is nie, gebruik jou eie bottermes om ’n porsie botter uit die houer te neem en sit dit aan die kant van jou broodbord en nie op die brood nie. Neem ’n deel van die botter met jou messie en smeer slegs die deel wat jy wil eet, nie die hele sny brood nie.

 

Die vismes en –vurk

Vismes en -vurk word anders as die eetgerei vir die hoofgang gehanteer. Die vurk word op dieselfde manier vasgehou, maar die vismes word soos ’n potlood vasgehou. ’n Vismes is gewoonlik ook effens kleiner as die vleismes en het ’n heelwat breër, stomp lem. Die vismes en -vurk word by ’n formele funksie voorsien om vis mee te eet.

Die vismes word gebruik om happiegrootte stukkies vis van mekaar te skei: Laat die mes se lem in die segment ingly en lig dit sywaarts op om die happie van die vel en die res van die vis te skei. Gebruik dan die vurk om dit na jou mond te bring.

’n Visfilet word van links na regs geëet sodat grate en vel op die regterkant van die bord geplaas kan word. Indien ’n graatbordjie voorsien word, word dit bokant en effens regs van jou bord geplaas. Moet nooit visgrate en -vel of ander kos op jou broodbord plaas nie – hierdie bord is slegs vir jou brood of vir kaas ná die maaltyd bedoel. (Die persoon wat langs jou sit, wil ook nie al die grate en velle sien nie!)

Drup suurlemoensap só oor jou vis: Hou die suurlemoenwiggie met die vleiskant na onder en steek die vurk met die tande na bo skuins in die suurlemoen in. Druk saggies – dit sal verseker dat die sap net op jou vis beland en nêrens anders nie.

As sous in ’n aparte houer voorgesit word, plaas jy dit teenaan jou visbord. Gebruik dan jou mes om die sous op die vis te plaas voordat jy dit met die vurk na jou mond bring.

Wenke

As jy vermoed dat jou vis grate het, neem slegs ’n klein happie op jou vurk. Op dié manier kan jy die grate maklik bespeur en verwyder deur jou hand voor jou mond te hou en die graat op jou bord te plaas.

As ’n graat in jou keel vassit, moet jy dadelik ’n stukkie droë brood eet.

As jy in ’n restaurant vis bestel, kan jy vra dat die vis eers in die kom-buis ontgraat word.

 

Ander seekos

Wanneer oesters as ’n aptytwekker voorgesit word, word ’n oestervurk, soms ’n skemerkelkie- of seekosvurk genoem, gebruik. Hierdie vurk word skuins op die soplepel regs van die bord geplaas. As die instelling nie hierdie eetgerei het nie, sal ’n klein vurkie voorsien word.

Smeer kaviaar eers op ’n klein stukkie roosterbrood voordat jy dit eet. As dit ’n heel sny roosterbrood is, moet dit eers in dun repies gesny word.

“Beskaafdheid kos niks en kan alles koop.”

– Lady Mary Worthley Montague

Meer oor wonderlike Tafeletiket tot volgende keer

Vier die lewe!

Anne Dreyer

Please visit my blog page for more interesting articles

Let’s connect on LinkedIn

With her warm personality and tangible style, she infects her audiences as she trains and inspires them from her personal life experience as a successful business woman, and entrepreneur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *