Dress Codes
August 21, 2018
Table Etiquette
August 24, 2018
Show all

KLEREDRAGKODES

Onthou, die woord “banket” beteken “’n deftige feesmaal gehou in ’n banketsaal” – ’n sierlike vertrek vir feeste. Vier die lewe en trek jou pragtig feestelik aan wat by die kleredragkodes pas.

Wat ’n vrou aantrek is haar keuse, maar dit moet by die for-maliteitsvlak van haar metgesel se kleredrag pas. Die man se kleredragreëls is duidelik

Ek het al so dikwels paartjies gesien waar die vrou mooi en gepas aangetrek is en die man lyk asof hy na ’n heel ander geleentheid gaan. Dink só daaraan: Jy word genooi, jou gasheer wil jou daar hê, hy beplan ’n tema en betaal daarvoor. Neem deel – en vier saam!

’n Klein aandsakkie (sonder ’n handvatsel) is ’n moet vir ’n formele geleentheid. Groot handsakke is onvanpas. Aan tafel plaas jy die sakkie op jou skoot onder jou servet of, as jy kan, agter jou rug teen die stoel se rugleuning. Moet dit nooit op die tafel sit nie (sien bl. xx).

Dit is die man se verantwoordelikheid om die kleredragkode na te kom. Daar is duidelike riglyne vir elke geleentheid.

 

Swart das

’n Swartdasgeleentheid, gewoonlik ’n banket, is baie formeel en vereis dat die man se kleredrag absoluut korrek is. Hy sal ’n aandpak (of dalk ’n manelpak) met ’n swart strikdas dra, of ’n formele, donker pak of uniform, indien dit in die uitnodiging genoem word. Tradisionele drag is slegs toelaatbaar wanneer dit uitdruklik in die uitnodiging gemeld word.

Hierdie geleentheid vereis ’n lang of balrok vir vroue. Lang hand-skoene word weer mode en is heel vanpas (sien “Handskoene”, bl. xx). Sy mag ook ’n baie formele, lang romp of langbroekpak dra, maar geen tradisionele drag nie, tensy die uitnodiging dit spesifiek meld.

 

Formeel

’n Man se uitrusting skep die formele atmosfeer. “Formeel” beteken ’n donker pak, langmouhemp en das, of ’n uniform, indien dit geskik is. Die dramatiese man kan natuurlik ’n gekleurde pak dra.

 

Skemerparty

’n Skemerparty is meestal formeel na gelang van die lokaal waar dit gehou word. Wanneer dit binnenshuis gehou word, is dit gewoonlik meer formeel as wanneer dit buite plaasvind. Die uitnodiging moet die vlak van formaliteit duidelik aandui. Die man moet altyd ’n langmouhemp en ’n formele langbroek dra.

 

Semiformeel

By hierdie geleentheid word die man se pak met ’n baadjie of “blazer” vervang, maar dit is belangrik om ’n langbroek en langmouhemp met ’n das of krawat te dra. Die vrou moet altyd geskik geklee wees vir dié soort funksie na gelang van die tyd van die dag en die atmosfeer.

 

Informeel

Dit is belangrik om die soort geleentheid in ag te neem. Jou uitrusting vir ’n dag by ’n sportbyeenkoms sal verskil van wat jy na ’n produk-bekendstelling en bemarkings-funksie sal dra.

Indien ’n man onseker is oor wat om aan te trek, is ’n langmouhemp en langbroek altyd aanvaarbaar. ’n Vrou lyk altyd beter as sy té deftig in plaas van té informeel aangetrek is.

 

Die “swart nommertjie”

Hierdie onweerstaanbare klein (of vir sommige miskien nie meer so klein nie) swart rokkie kom elke keer tot jou redding wanneer jy nie weet wat om vir ’n geleentheid aan te trek nie. Dit bly steeds in die mode en is ’n onmisbare kledingstuk in enige vrou, oud of jonk, se klerekas.

Die oorspronklike konsep was ’n rok wat vir enige geleentheid ge-bruik kan word. Dit kan vir verskillende geleenthede aangepas word deur die bykomstighede van klassiek tot flambojant of dramaties te ve-rander. Dié rokkie sal jou altyd “reg” (en maerder) laat voel en lyk!

Dit moet van ’n weefstof gemaak wees wat gemeng is met systof, fluweel, crêpe, spandeks of lycra om dit vloeiend en rekbaar te maak.

Die drama lê in die eenvoud van die kleur en die veelsydigheid van dié kledingstuk.

Onthou vier die Lewe!

Tot volgende keer

Anne Dreyer

Please visit my blog page for more interesting articles

Let’s connect on LinkedIn

With her warm personality and tangible style, she infects her audiences as she trains and inspires them from her personal life experience as a successful business woman, and entrepreneur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *