How to wear stockings
How to wear stockings
July 23, 2018
Handbags
July 30, 2018
Show all

Hoe om sykouse te dra

How to wear stockings

Megan Markle die  voormalige Amerikaanse aktriese, nou  die nuutste lid van die koninglike famielie  in Engeland-Die Hertogin van Sussex, was vermaan deur die Konigin, toe sy die etiket reels oorskry het om sonder sykouse  in die openbaar te verskyn.  Die hertogin ord  voortaan  gesien met mooi fyn sykouse wat al haar pragtige  uitrustings , stylvol  afrond.

 

Sykouse

How to wear stockings

Vir formele geleenthede kies jy denier/decitex met die laagste nommer. Dié kouse is die dunste en kosbaarste. Dit kan ook sonder ’n toon- of haknaat gekoop word vir wanneer jy ooptoon- of oophakskoene dra.

Kouse met agternate is altyd dramaties, maar nie vir die kantoor nie. Sorg altyd dat die naat honderd persent in die middel van die ag-terbeen en reguit is!

Vir werk en minder formele geleenthede kan jy denier met ’n hoër nommer kies; dit is ook meer bekostigbaar.

Hoëglans sykouse is nie vir die kantoor nie, maar geskik vir ander geleenthede.

In die winter moet jou skoene en sykouse se kleur dieselfde ondertoon hê.

Vir die somer kan jy sykouse dra wat die naaste aan jou liggaamskleur is.

Swart sykouse met patrone is mooi vir aanddrag.

Gekleurde kouse is vir informele en kreatiewe drag en moet met oorleg gedra word.

Broekiekouse sykouse is altyd die gewildste, maar jy kan ook ander variasies kies.

Nuttige Wenke

  • Dra altyd ’n ekstra paar sykouse in jou handsak, ingeval jy ’n geleerde sykous moet vervang.
  • Sit op ’n stoel as jy sykouse aantrek, en “rol” die kouse versigtig van die voet af tot bo.

 Oor denier

  • Hoe laer die nommer wat op die sykous aangedui word, hoe dunner en fyner en natuurlik mooier is die sykouse.

 

The bonus van  sykouse dra

How to wear stockings

Die skrywer van die bekende James Bond 007-boeke, Ian Fleming, het die volgende te sê gehad oor ’n vrou wat sykouse dra: “Daar is vir my niks in die wêreld meer aanloklik as ’n vrou wat sykouse dra nie!”

H’m … dit laat mens dink. Wel, ’n mens se bene lyk beslis langer, slanker, gladder in en volgens Fleming ook aanlokliker. Waarvoor wag jy nog!

Dit gee jou ’n professionele voorkoms en is ook onontbeerlik by enige formele geleentheid – dit rond eenvoudig jou uitrusting af.

Dink só daaraan: Geen man van aansien in die sakewêreld dra ooit ’n pak klere met sandale, of skoene sonder kouse nie.

Tot volgende keer

Anne Dreyer

Please visit my blog page for more interesting articles

Let’s connect on LinkedIn

With her warm personality and tangible style, she infects her audiences as she trains and inspires them from her personal life experience as a successful business woman, and entrepreneur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *