What do we wear in the World of Business
July 13, 2018
How to wear stockings
How to wear stockings
July 23, 2018
Show all

Hoe moet jy aantrek in die sakewêreld vandag?

Navorsers het  bewys dat die regte manier van aantrek en optree by die werk en in jou persoonlike en sosiale lewe baie voordele inhou:

‘n Slap houding en slenterdrag is nooit aanvaarbaar in die sakewereld nie- nooit nie

Waarom jouself in die voet skiet om nie gepas en netjies by die werk aantetrek nie!

Om reg aantrek in die sakewereld hou die volgende voordele:

  • Mense sal jou versoeke toestaan.
  • Hulle sal jou vertrou met inligting.
  • Jy sal toegang kry tot die besluitneming van ’n maatskappy.
  • Hulle sal jou in ’n hoër pos aanstel.
  • Dit sal ’n direkte invloed hê op die salaris wat jy kan verdien.

“Om mooi en gepas aan te trek, is deel van goeie maniere.”

– Tom Ford

 

IN JOU PERSOONLIKE EN SOSIALE LEWE

Kinders leer wat hulle sien. As jy doen wat reg is, sal jou kinders die vrugte pluk – hulle word immers die weerspieëling van jouself.

Daar is bewys dat jy deur ’n goeie voorkoms en houding ’n beter lewensmaat kan kry.

Die ou gesegde “Wys my jou vriende en ek ken jou” is so waar. Jy kan ten spyte van jou agtergrond en sosioëkonomiese omstandighede bo alles uitstyg.

 

JOU PERSOONLIKE STYL

Skep jou eie persoonlike styl. Die vere maak die voël … en jy is uniek, want daar is net een soos jy!

Jou klere

Maak so:

Dink eers  so voordat jy jy keuse maak- watter boodskap stuur ek uit- lyk ek professioneel, netjies…..slordig?? Wie gaan jy ontmoet daardie dag, watter invloed gaan jou kleredrag bepaal?

Maak dan so:

  • Dra klere waarin jy gemaklik voel.
  • Klere wat by jou wekskultuur pas.
  • Dra klere wat jou persoonlikheid weerspieël.
  • Kleure wat jou vlei.
  • Dra die beste kwaliteit wat jy kan bekostig.
  • Moenie die belangrikheid van goeie bykomstighede onderskat nie..
  • Jou persoonlike versorging is van kardinale belang.
  • Dra klere wat altyd skoon en goed versorg is. (Dit is verbasend hoe ’n eenvoudige strykyster ’n kledingstuk kan transformeer!)
  • Dra klere wat by jou liggaamsbou pas. (Belê in ’n vollengtespieël.)
  • Dra klere wat by die geleentheid pas. (Gaan jy strand toe, na ’n banket, of werk toe?)
  • Dra klere wat by jou ouderdom pas. (Vermy ’n “herwonne Barbie”-beeld.)

Gabrielle Chanel, meer bekend as Coco, het alles van die mode waarop sy haar hand gelê het met haar geniale, kreatiewe denke verander. Haar baadjies, bloeses en dasse het sy by die mansafdeling “geleen” en dit ultravroulik gemaak danksy haar vermoë om met klere te toor. Haar konsep van klassieke styl is nog steeds van krag in vandag se hoogs mededingende modebedryf.

 

Klerebeplanning

Dis eenvoudig: Kry ’n uitrusting vir elke geleentheid van die lewe!

Maak so:

Belê in basiese, klassieke kledingstukke soos baadjies, rompe, snyersbroeke, oortrektruitjies, ’n paar klassieke denims, bloeses, ’n mooi, klassieke wit hemp of twee, serpe, goeie skoene, ’n klassieke handsak of twee en ’n mooi jas. Hierdie kledingstukke vind oral aanklank en is beslis die begin van goeie klerebeplanning. Hierdie items kan dalk duurder wees, maar op die lange duur is dit die moeite werd en word dit ’n goeie belegging.

Kies klere wat by jou persoonlikheid en liggaamsbou pas – dis nou heelwat makliker as vroeër, want ons word bederf met sagte, vloeiende materiale en goed gesnyde kledingstukke wat in gewone klerewinkels beskikbaar is.

 

WAT DRA ONS IN DIE SAKEWÊRELD?

Trek volgens die kultuur van jou organisasie aan. Moet nooit die kritieke belang-rikheid van jou kleredrag in die sakewêreld onderskat nie.

John Malloy, die skrywer van Dress for Success, het bekendheid verwerf as die wêreld se eerste “klerekas”-ingenieur. Hy het deur jare lange navorsing bewys dat jy jouself in jou werk kan “bevorder” deur een-voudig te verseker dat jy altyd reg aantrek. Malloy het trouens ook bewys dat ’n positiewe voorkoms jou selfs bevordering bo jou kwalifikasies kan besorg!

Alhoewel ons vandag baie meer informeel aantrek, het navorsing steeds bewys dat ons in ’n “kantooruniform” baie beter resultate lewer en meer konsekwent werk. Dit beteken nie ’n spesifieke werksuniform wat in sekere organisasies verpligtend is nie, maar wel klere wat gepas is vir die bedryf waarin jy werk.

Onthou:  JY is jou boodskap, en jy kan bepaal hoe suksesvol  jy wil wees. Trek reg aan en vier de lewe!

Anne Dreyer

Please visit my blog page for more interesting articles

Let’s connect on LinkedIn

With her warm personality and tangible style, she infects her audiences as she trains and inspires them from her personal life experience as a successful business woman, and entrepreneur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *