The use of Knives and Forks
September 4, 2018
Correct placement of cutlery while dining
September 10, 2018
Show all

Die mes en vurk

Ons gebruik daagliks ‘n mes en vurk, maar weet ons regtig wat die oorsprong is en how om die mes en vurk korrek te gebruik?

Vurke word links van die bord (langs die broodbord) geplaas. Die funksie van die vurk word bepaal deur die grootte daarvan en waar dit geplaas word. Messe word regs van die bord geplaas.

 

Die vurk

Die vurk het in Italië vir die eerste keer in die 14de eeu bekendheid verwerf,
en selfs in die 1600’s het die aristokrasie hul eie mes, vurk en lepel in ’n boks (’n “cadena”), wat hulle oor die skouer of om die lyf kon dra, na ’n banket saamgeneem.

Gebruik die eetgerei altyd van buite na binne: Begin met die eerste eetgerei aan die buitekant, byvoorbeeld vir ’n voorgereg. Dit is gewoonlik die kleinste lepeltjie of vurkie. Dan volg die soplepel gewoonlik.

Visvurk

‘n Visvurk het ’n slanke fatsoen of “keep” in die tande en die vismes is effens breër en het geen snykant nie.

Effens kleiner vurk en mes word vir slaai of die voorgereg gebruik (die plasing sal afhang van wanneer die slaai voorgesit word, of ná die sop, of voor die hoofgereg, of daarna).

Die grootste vurk en mes word vir die hoofgereg gebruik.

Persone wat links is, het vurke tot hul reg laat kom omdat dit links van die bord geplaas word. Al wat hulle moes doen, was om die vurk op te tel en te begin eet.

‌Hoe ’n vurk gebruik word

“Stoot” die kos met die mes tot op die voorste punt van die vurk en bring dan die kos na die mond. Die vurk se tande moet na onder wys – moenie die vurk omdraai soos ’n lepel nie.

’n Vurk kan ook saam met ’n lepel gebruik word om nagereg te eet. Hou die vurk gewoonweg vas en gebruik die dessertlepel soos ’n mes om die nagereg te “sny”. Stoot dan die nageregporsie met die vurk tot op die lepel (sien illustrasie hierbo).

’n Vurk kan op sy eie gedurende informele partytjies gebruik word.  Byvoorbeeld om happies by ’n skemerparty of ’n sny tert of koek te eet. Wanneer ’n vurk sonder ’n mes gebruik word, moet die tande na bo wys.

Hou altyd die vurk so na as moontlik aan die steel se punt vas.  Moenie aan die basis vasklou nie. Die vurk rus op die middelvinger wat deur die twee buitevingers gesteun word.

 

‌Messe

‌Hoe ’n mes gebruik word

Hou die mes vas sodat die hef teen jou handpalm druk. Jou duim rus op die kant van die hef en jou wysvinger op die hef se rug. Hierdie vinger raak nooit aan die lem se rugkant nie.

Let wel: Hou die mes soos ’n broodmes vas, nie soos ’n potlood nie. Jou drie ander vingers word om die handvatsel gekrul om dit so in plek te hou (sien illustrasie hieronder).

Die messe word met die skerp kant van die lem na die bord geplaas en is altyd aan die regterkant. Die eerste mes wat jy sal gebruik, is die een wat die verste regs van die bord is.

Bottermes

Die bottermes of -spaantjie kan op jou broodbord – langs jou vurk of effens daarbo – geplaas word. Anders kan dit heel regs van die bord geplaas word. Jou broodbord is slegs vir jou brood of vir kaas ná die maaltyd bedoel.

‌Kaasbord mes

’n Kaasbord word voor die nagereg voorgesit, soos die Franse dit doen, of tradisioneel ná die nagereg saam met port of ons bekende hanepootwyn.

Sny klein skyfies met die kaasmes van harde kaas af. Plaas dit eenkant op jou broodbord saam met die ander kaassoorte, vye of olywe, of wat jy ook al kies.

Smeer sagte kaas met die klein spaantjie (wat gewoonlik kleiner as ’n botter-messie is). Plaas eers ’n bietjie op jou broodbord en eet dit met ’n dun beskuitjie.

Wanneer jy byvoorbeeld roomkaas of patee op dun beskuitjies of roosterbrood wil smeer, word die messie in jou regterhand en die beskuitjie in jou linkerhand gehou. Skep dan ’n klein bietjie van die kaas of patee met die messie en smeer dit oor die beskuitjie deur die messie in jou rigting te trek. Bring die beskuitjie met jou linkerhand na jou mond. Geniet dit!

‌Hoe ’n mes en vurk saam gebruik word

Die mes word in die regterhand en die vurk in die linkerhand gehou. Die vurk se tande moet afwaarts wys. Eet van die voorpunt van die vurk af.

Moenie:

  • ‌met jou mes en vurk na iemand of iets wys nie;
  • ‌jou mes aflek nie;
  • ‌die mes en vurk regop in die lug hou terwyl jy kou nie;
  • ‌gewrigte op die tafel laat lê nie;
  • ‌elmboë op die tafel sit terwyl jy eet nie; en
  • ‌oopmond kou nie.

Onthou goeie maniere help dat jy die lewe vier- geniet!

Tot volgede keer

Anne Dreyer

Please visit my blog page for more interesting articles

Let’s connect on LinkedIn

With her warm personality and tangible style, she infects her audiences as she trains and inspires them from her personal life experience as a successful business woman, and entrepreneur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *