Brille

Eye Glasses
August 7, 2018
Dress Codes
August 21, 2018
Show all

Brille

As jy ’n permanente bril dra, dra dit by tot jou persoonlikheid. ’n Sonbril is vandag nie net ’n modebykomstigheid nie, maar beskerm ook jou oë.

As jy dalk ongelukkig voel omdat jy genoodsaak is om n bril te moet dra..skep asem Die universitiet van  Edinburgh in  het bevind dat persone at swak oe het, 30% meer intelgente gene bevat!

En ook op die oog af, is bevind deur regsfirmas inI die VSA dat om hulle kliente te kry om brille geduurende n verhoor te dra die beskuldigde meer onskuldig sal laat voorkom- so is dit bevind deur die veteran regsgekeerde Harvey Slovis.

Hier het ons dit eerstehands beleef natuurlik tydens die Oscar Pretorius saak!

 

Kies ’n bril so

  • Jou wenkbroue vorm die raam van jou gesig; daarom moet die boonste raam van die bril die lyn van die wenkbroue volg.
  • Die kante van die bril moenie verby jou slape uitsteek nie.
  • Jou oog moet min of meer in die middel van die lens wees.
  • Kleure van lense en rame
  • Jou haarkleur is ’n goeie riglyn – herhaal dit.
  • Of kies ’n raamlose bril – dit is goed vir voorleggings, praatjies en tel-evisie-optredes.
  • As jy ’n tint gaan byvoeg, moet jy sorg dat mense jou oë kan sien. Kies 5 tot 10% van jou oogkleur, byvoorbeeld blou, groen, ens. Bruin oë lyk beter met pienk of ligpers, en baie donker oë met ligblou of ’n baie ligte grys.

 

Wenke

Moenie jou bril aanhoudend voor ’n gehoor of by ’n vergadering opsit en afhaal terwyl jy voorlees of praat nie, of dit in jou mond vashou nie.

Daar bestaan vandag ’n menigte wonderlike lense, metodes en inplant-ings om jou sig te verbeter.

Of dra ’n multifokale bril wat nie gedurig opgesit en afgehaal hoef te word nie!

 

Sonbrille

Hier kan jy dieselfde reëls volg, maar effens meer dramaties wees as jy wil. Die tint sal meestal bruin of grys wees om die hoogste beskerming aan jou oë te gee.

Maak seker dat jy jou altyd oe beserm, en dat dir altyd n goeie UV beskerming bevat.

Tot volgende keer

Anne Dreyer

Please visit my blog page for more interesting articles

Let’s connect on LinkedIn

With her warm personality and tangible style, she infects her audiences as she trains and inspires them from her personal life experience as a successful business woman, and entrepreneur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *